Oor BKDO

Oor BKDOBKD het aanvanklik begin op 1 Julie 1984 toe Kobus Delport (wat op daardie stadium 'n senior lektor aan die PU vir CHO [nou die Noordwes Universiteit] was) 'n praktyk begin het met die naam Kobus Delport en Kie. BKD is die samevoeging van die twee oorspronklike vennote se name: Bruce Du Plooy en Kobus Delport.

Ons praktyk beywer hom vir die lewering van hoë vlak professionele dienste met 'n persoonlike aanslag. Konfidensialiteit en integriteit is ons leuse. Ons wye verskeidenheid van adviesdienste is slegs 'n oproep of e-pos ver!

Ons word onderskei van ons mededingers om die volgende rede:

Van 1984 tot nou lewer die ouditeursfirma 'n wye reeks van dienste aan gewaardeerde kliënte in alle uithoeke van ons land. Ons kliëntebasis strek geografies vanaf so ver as die Kaapse streek, tot Bray in die Molopo-omgewing.

Die praktyk beskik oor 'n “room van die oes” personeel-span waaronder tans 6 gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeesters. Ons kan spog met 30 jaar se ondervinding in die professie.

Ons dienste is ons trots, en ons hanteer elkeen van ons kliënte met die grootste sorg soos wat elke kliënt dit behoort te verwag.

Ons lewer 'n wye verskeidenheid waardetoevoegende dienste.

Daar word gebruik gemaak van die nuutste tegnologie en stelsels om ons take te verrig en te verseker dat elke kliënt rustig kan slaap wanneer dit by hul finansies en belastingsake kom.

Ons is kliëntgedrewe, en kan voldoen aan enige spesifieke behoefte, as ons jou nie kan help nie, sal jy ver moet soek vir 'n antwoord.

Geen taak is te groot of te klein vir ons nie!

Copyright © 2019 BKD Ouditeure. All right Reserved. | Designed & Hosted by Webnic